Kayleigh Walker

Hoërskool Schweizer-Reneke

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak en ontwerp deur Ernst Schütz Exclusive van Klerksdorp. My rok se basis is champagne kleur satyn met pêrel sequin beaded 3D lace wat boöor. Die lace was wit wat hulle toe gekleur het na'n poeier blou (baie lig blou) wat ek wou gehaat het. Die 3D blommetjies maak die rok vir my uniek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Almal soek die perfekte idee vir hulle matriekafskeidrok van graad 8 af. Ek kon nooit op die perfekte idee kom nie, totdat ek eendag 'n foto gesien het wat my oog gevang het. Dit was nog nie perfek nie maar naby daar aan. Ek wou 'n rok hê waarin ek spesiaal voel en my persoonlikheid uitbeeld. Toe ek my rok begin ontwerp het, het my ontwerper Ernst Schütz my sprokiesprent idee in 'n realiteit verander. Dit het 'n rukkie gevat om die rok op die perfekte stadium te kry, maar toe ek hom sien was ek dadelik verlief en wou sommer verewig in hom bly. Ek sal niks aan hom verander nie, dit was my perfekte prinses sprokkies rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was versekker my hele rok. Ek kan nie kies watter deel my gunsteling was nie. Tussen die blomme wat uitstaan het saam met die steentjies en pêrels wat so mooi beklemtoon was deur die baie mooi ligte poeier blou kant wat so mooi uitgestaan het boöor die champagne kleur satyn onderkant, en die manier hoe mooi die rok my lyf en lente beklemtoon het sal ek nooit 'n gunsteling deel kan kies nie. Die rok was so mooi stylvol en elegant gepaar met ooprug en deursigtige dele. Dit was in my oë die heel perfekste en mooiste rok ooit. Dit was werklik iets besonders.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media