Kaylee Brits

Bergsig Akademie

Tuisdorp

Rustenburg

Skool

Bergsig Akademie

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok, weg gesteek in ‘n klein winkeltjie ondek in my tuisdorp - ontwerp en gemaak deur die winkel eienaar.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Aanvanklik was my idee heeltemal die teenoorgestelde van my finale keuse. Ek het prentjies gehad van hierdie pragtige los-vloeiende pastel pienk rok wat eenvoudig maar dog stylvol was met ‘n oop rug. Ons was die spesifieke dag juis opsoek na die regte pienk materiaal toe ek in die klein winkeltjie instap. Die rok met sy pragtige rooi rose het my aandag getrek. Ek het na die rok gekyk en hom weer terug gehang. Ons het uit die winkel gestap oppad na die materiaal winkel toe. Die materiaal winkel was op daardie stadium nog nie oop nie, en ons het omgedraai en terug gestap na ons motor toe. Toe ek weer verby daardie klein, beknopte winkeltjie stap kon ek eenvoudig nie verby stap sonder om daardie rok aan te pas nie. Ons is weer in die winkel in, ek het die rok weer gaan afhaal waar hy tussen so baie ander rokke versteek en amper begrawe was. Ek het die rok gaan aanpas, en daar en dan het ek my droomrok gevind.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is vir my ‘n simbool van elegansie en vrou wees. Dis stylvol en dis vrolik. Ek dink my rok sê baie oor my persoonlikheid omdat dit heeltemal iets was wat buite my gemak-zone was, maar dit is kleurvol en vol pret en plesier en maak ‘n groot indruk. Ek het dadelik geweet toe ek die rok aanpas - “díe is die een.”

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die regmaak voor die tyd, die hare en grimering was alles vir my ongelooflik lekker en ook vreesaanjaend, maar my hoogtepunt van die matriekafskeid was die fotos sessies saam met al my familie en dan ook om in my droomrok te kon dans by die lokaal.

Planne vir na matriek

Ek wil baie graag ná matriek ’n tussenjaar neem om die wêreld te verken en nuwe kulture, mense en ervarings te beleef. Hierdie blootstelling sal my help om my horisonne te verbreed en nuwe perspektiewe te kry. Ná my tussenjaar wil ek voortgaan om te studeer en ’n forensiese wetenskaplike te word. Dit is nog altyd vir my ’n passie om mense te help, veral in situasies waar hulle nie self die regverdigheid kan kry nie. Ek voel sterk dat ek deur forensiese werk ’n direkte bydrae kan lewer tot die samelewing deur misdade op te los, onregverdigheid bloot te lê en mense te beskerm. Die idee dat ek my kennis en vaardighede kan gebruik om reg en geregtigheid te bevorder, motiveer my enorm, en dit gee my die geleentheid om ’n verskil te maak in die lewens van ander.

Gunsteling woord in Afrikaans

Veldblomvrou- natuurlik mooi, groeiend waar sy geplant word

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media