Kaylee Boshoff
Hoërskool Dinamika
Tuisdorp
Mulbarton, Johannesburg Suid
Skool
Hoërskool Dinamika
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Carien Couture.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek lees graag fiksie, waar die vroulike hoofkarakter gereeld geklee is in sagte, vloeiende aandrokke met 'n Victoriaanse gevoel. Die maroen fluweel bring tydlose elegansie, waardigheid en geheime sjarme. Die krale simboliseer sterre wat oor my drome dans. Net so sal ek ook aanhou skitter.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok verteenwoordig al die moeilike tye wat ek hierdie jaar oorwin het, net soos die karakter in my boeke. My rok simboliseer nie net die einde van my hoërskool loopbaan nie, maar ook 'n nuwe begin vir my.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die pret van die foto's neem saam met my vriende en om later saam met hulle seepborrels op die balkon te blaas in ons uitspattige aanddrag.
Planne vir na matriek
Ek wil na matriek my musikale talente uitleef en 'n BMus graad studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Spookasem.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03