Kayla Smith

Hoërskool Hermanus

Tuisdorp

Onrus Rivier

Skool

Hoërskool Hermanus

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek en my Ma het gedurende die wintervakansie rondgespeel met moontlike style, kleure en patrone wat by my lyf, velkeur en persoonlikheid sal pas. Na baie ure se lekker speel met sketse, is my rok se ontwerp gebore.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Wie ek is en wat ek wou uitbeeld was my inspirasie. In vandag se tyd voel dit asof alles oordadigend moet wees om ń indruk te maak, terwyl ek in eenvoud glo. Pienk is my gunsteling kleur en ek dink ek het altyd geweet my matriekafskeidrok gaan eendag pienk wees. Ek is nogals tradisioneel maar hou ook van sekere moderne tendensies. My rok is vir my ń perfekte kombinasie van die twee.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit vertel ń storie van wie ek is en waarheen ek oppad is. Eenvoudige, klassieke lyne sê ek is nie iemand vir fieterjasies nie en die "bold, popping" pienk sê ek is selfversekerd en reg vir die volgende fase in my lewe na skool.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die rooitapyt oomblik! Ek het soos ń Hollywood ster gevoel!

Planne vir na matriek

Ek gaan ń konstruktiewe "gapjaar" neem en daarna moontlik op Stellenbosch studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Biltong!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media