Kayla Sander

Hoërskool Randburg

Tuisdorp

Randburg (Johannesburg)

Skool

Hoërskool Randburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok gekoop by House of Superior Clothing in Brooklyn, Pretoria en het toe die rok laat verstel by Sonia

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag hê dat die rok soos iets uit 'n sprokiesverhaal lyk. Ek wou ook graag 'n rok hê wat myself laat uitstaan en toe ek hierdie blou rok aangepas het, kon ek dadelik nie ophou glimlag nie. Dit het my blou oë laat uitstaan en die kleur het my nie oorheers nie. Dit was wel ook die heel eerste rok wat ek aangepas het en die kreatiewe idees van hoe ek die rok kon verstel het dadelik begin vloei. Pofferige moue, groot en wyd, absoluut prinses styl!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok beteken baie vir my. Ek het die rok vroeg in die jaar gekoop en kon nie ophou na dit kyk nie en wou dit konstant aanpas, ek was net so opgewonde vir die aand! Die rok dra vir my verskriklikke lekker herinneringe van die aand en hoe ek die hele dag soos 'n prinses kon voel. Ek hoop om dit vir my jonger sussie te kan gee wanneer sy na haar matriekafskeid gaan, oor 10 jaar.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele aand, plus die regmaak voor die tyd was vir my baie lekker! Maar as ek nou 'n hoogtepunt moes kies, sou ek sê dat die dit die fotosessie voor die matriekafskeid was. Die foto's is nou my heel gunsteling foto's en ek en my kêrel het onsself so baie geniet om die foto's te neem. Nog 'n hoogtepunt was om almal anders se rokke en aankomstes te sien en te sien hoe hulle hulself uitdruk deur middel van hulle rokke.

Planne vir na matriek

Ek beplan om aptekerswese by die Universiteit van Witwatersrand te gaan swot. Ek was nog heeltyd onseker oor wat om te swot, maar oorweeg om vir medies aansoek te doen wanneer ek seker is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Poenankies

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media