Kayla Reinders

Hoërskool DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is volwaardig uniek. Hoe weet ek dit? My talentvolle ma het hierdie ongelooflike matriekafksied rok in 3 maande geskep. Sy het die patrone geskets en selfs prototipes gemaak. Elke liewe kant roos is ook sorgvuldig deur haar uitgeknip en strategies met die hand vasgewerk. Die rok het ‘n elegante sleep wat ‘n mens kan afhaal om ‘n nou en passende rok te laat verskyn. Toe ek die finale produk gesien het kon ek nie my oë glo nie. Te danke aan my ma, kon my droomrok ‘n realiteit word.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek in laerskool was het ek geweet waarvan ek my inspirsasie van my rok sal kry. Van kleins af was ek verlief op die Barbie-fliek, “Barbie and the 3 Musketeers”. Die toneel waar hulle lang aand rokke verander in kort, gemakliker, rokke was my droom. Ek wou ‘n rok hê wat kan transformeer in iets nuuts waarin ek gemakliker kan dans. Dit is waar my ma die idee gekry het om ‘n sleep te skep wat kan afkom wanneer die dansery begin. Ek het altyd geweet ek wil ‘n blou rok dra. Na ‘n lang gesoek het ons die perfekte kleur gevind. Hierdie spesifieke skakering kom nie veel voor in rokke nie en dra by tot die uniekheid van die rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is dat die rok kan transformeer in ‘n meer praktiese rok waarin ek kan dans sonder om daarop te trap. Die elegante rug van die rok het net als bymekaar gebring. Dit is nie net die rok self wat my gunsteling is nie, maar ook die herinneringe wat ek saam met my ma gemaak het tydens die ontwerpproses. As ek nou na die rok kyk onthou ek al die avonture waarop ons was om al die komponente van my rok op te spoor en hoe baie ek die hele proses geniet het. Vir my gaan hierdie spesifieke rok nie nét oor die eindproduk nie, maar ook alles tussen in. Vir ander mense is dit net n rok wat ek dra maar vir my is dit ‘n werklik ‘n kunswerk wat vele herinneringe vasvang.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media