Kayla Nass

Hoërskool Hopefield

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die fotos sê dit als! My breë glimlag waar jy net tande sien en die bloedrooi rok wat my persoonlikheid uitbeeld. Presies na wat ek gesoek het. 'n Rok wat by my persoonlikheid pas! Ek hou van eenvoudig en my rok het my gemaklik gepas en dit het my ook elegant laat lyk. My rok is ontwerp en gemaak deur Marelize Huysamen.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hopefield

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My liefde vir ontwerp was my inspirasie. 'n Ontwerper probeer meeste van die tyd een kleur laat uitstaan en ek kan definitief sê dat my bloedrooi rok uitgestaan het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die halter nek en dit het ook toegelaat dat ek n oop rug het. Dit komplimenteer my skouers ook.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media