Kayla Landsberg

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Iets uniek, wat my persoonlikheid uitbeeld, 'n pastel blou omdat so unieke kleure goed by my vel pas en natuurlik ook by my kerel se pragtige blou oe. Eers later het ek besef dat dit soos Cinderella se rok lyk, darem het myne "Prince charming" nie na 12 uur verdwyn nie... Ek het ook perspects, deursigtige haksoene gekies om die glas slipper van Cinderella te verteenwoordig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het eers n heeltamel ander rigting gedink met my inspirasie vanaf pinterest en my nefie se verloofde Biancke wat vir my idees gestuur het. Een van die rokke wat ek se kleur vir my inspireer het was toe my finale keuse en my sang afrigter, Lee vir my gese het dat die rok perfek is vir my!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die kraletjies wat later aan my rok se korset vasgewerk is (dit was 'n idee van my ontwerper - Paula), die kleur en beslis die snit. Omdat my rok die kort romp voor het en die lang sleep agter was dit gemaklik om mee te loop en het dit my soos 'n Prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media