Kayla Butler

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit is ‘n swart rok met rooi rose van sagte satyn materiaal in ‘n A-lyn snit. My rok het ‘n v-lyn aan die voorkant met deursigtende kant. Die rok het ‘n vloeiende onderkant wat uitklok met ‘n lang sleep. Aan die agterkant het ek ‘n lae oop rug met ‘n paar klein fyn knopies in dieselfde materiaal as die rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd my borrelende persoonlikheid laat uitstaan deur die kleur en styl van my rok. Omdat ek lig van vel en haarkleur is het ek die helderrooi kleur gekies om my gelaatstrekke uit te bring. Die romantiese sy van my word weerspieel in die groot roos patroon in my ontwerp. Dit was uiters belangrik vir my om op so 'n spesiale aand sprokiesmooi in my rok te voel en daarom het ek die ontwerp gekies omdat dit aan al my fantasieë voldoen.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die matriekafskeidrok was definitief die sterk lewendige rooi kleur van die groot rose oral oor my rok en die satyn materiaal wat sag om my lyf gevloei het. Dit het my sprankelende persoonlikheid en sagte hart bevestig. Die kleur was helder en het beslis die foto’s laat uitstaan met die besonderse agtergrond. My rok het baie volume gehad wat my soos in ‘n sprokie laat voel het. Ek was ook mal oor die v-lyn aan die voorkant met die die lang sleep en oop rug aan die agterkant van my rok, omdat dit 'n romantiese gevoel geskep het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media