Kayla Botha
Hoërskool Parys
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Dankbaar.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou n rok hê wat wys dat ek nie bang is om te staan en gesien te word nie en my ontwerper het die perfekte balans geskep tussen klas en elegansie. Ek het met my eerste konsultasie verlief geraak op die donker kleur en wat my rok alles kon wees sonder om n volledige prentjie te hê.Toe ek my rok aantrek by my finale passing het alles saamgesmelt. Van die diep glinterende blou tot die fyn detail en sprankel het hy my visie n realiteit gemaak en ek het myself in n ander lig gesien-dit kon nie meer perfek wees nie!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok was nie net vir my n item wat vir een aand se spog bedoel was nie,maar eerder n herinnering dat ek verdien om mooi te voel sonder om verskoning te vra daarvoor. Elke keer wat ek na my foto's terugkyk of snags lê en die aand herleef,onthou ek hoe dit gevoel het om te weet ek is genoeg - nes ek is.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03