Kayla Atmore

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was opsoek vir n rok wat by my figuur sal pas. Ek wou n mermaid rok gehad het wat sag en romanties vertoon word wat by my persoonlikheid pas en my persoonlikheid uitbeeld. Die rok was vir my perfek gewees. Ek is verlief op die droom rok waarin ek met selfvertroue op die rooi tapyt kon loop.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma is n modeontwerper en werk elke dag met bruide en trou rokke. My ma was my inspirasie deur te sien watse wonderlike talent sy het en al die mooi rokke wat sy maak. Ek het van jong meisie af gedroom om hierdie unieke, spontane en romantiese droom trourok te hê. Ek kyk baie op pinterest na trourokke en eendag toe vind ek die mooiste trourok wat ek op verlief geraak het die oomblik toe ek dit sien. Ek het dadelik vir my ma gesê hierdie is hoe my matriekafskeid rok gaan lyk. My ma het my rok so perfek gemaak en met soveel liefde. Dit is vir my so spesiaal om te kan sê my ma het my matriekafskeid rok gemaak met haar eie twee hande.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is baie moeilik om net een gunsteling deel van my rok te kies want elke deel van die rok was ek op verlief. As ek moet kies sal dit my rug en die sleep gedeelte wees. Ek wou graag n oop rug gehad het want ek voel dit komplementeer die hele ontwerp. Ek het baie van die sleep gedeelte gehou want dit het gevoel of daai droom van my trourok begin waar word het. Ek het soos n prinses gevoel met die mooi sleepgedeelte wat die rok net nog mooier gemaak het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media