Katya Steyl

Trio Hoerskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n prentjie gehad van 'n Sherri Hill rok wat Vessilina verfyn het met 'n handgemaakte bo-stuk noupasende onderstuk met 'n mermin sleep. Die rok se kleur is 'n unieke pienk en pers kleur. Die bo-stuk van die rok is bedek met baie kristale en "bling, die kralewerk is ook aangebring op die onderstuk. Die rok is perfek gemaak vir my en het al my verwagtinge oortref.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Trio Hoerskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit het begin by die realiteits program "say yes to the dress" wat ek graag saam met my ma gekyk het. Ek was mal oor die amerikaanse ontwerper Sherri Hill wat baie van die rokke op die program ontwerp het. Ek het van toe af haar rokke gekyk en versot geraak op een spesifieke rok. Ek het ook so 3 jaar terug 'n ontwerper in Suid-Afrika, Vesselina Pentcheva begin volg op Instagram. Vir my matriekafskeid wou ek graag die Sherri Hill rok he en het ek my idee na Vesselina gevat, sy het dit toe haar eie gemaak en ek het haar vertrou om my droom rok te maak. Dit was ook so perfek dat Vesselina juis rokke ontwerp het met die spesifiek ontwerp styl. Elke besoek aan Vesselina was gevul met soveel opwinding, sy laat jou soos 'n prinses voel en haar passie vir die rok was aansteeklik. Alles het net so ongelooflik uitgewerk en my rok was alles en meer!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok was net ongelooflik. Dit was gemaklik en het my soos 'n handskoen gepas. Dit was beslis 'n uitbeelding van my persoonlikheid. Ek was ook mal oor die kleur en was so verstom dat ek die pienk pers lap gekry het.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-08

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media