Katjé Herselman

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok bestaan uit verskillende lae Chiffon. Elke laag is met die hand noukeurig gekleur met materiaalink om‘n unieke sagte bruin en groen kleurskakeuring meetebring. My rok was ontwerp en gemaak deur Annelize Louwe.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het ‘n soortgelyke rok op ‘n mode webblad raakgesien in graad 10 en dadelik navorsing gedoen oor die ontwerper. Ek het onmiddelik verlief geraak op die konsep en het toe al geweet dat dit is die rok waarmee ek op die rooi tappyt gaan afloop. Tannie Annelize Louwe het hierdie droom n moontlikheid gemaak met haar eie kreatiewe insig en talent.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok het my laat voel soos “Tinkerbell” en was gemaklik om in rond te beweeg. Dit het baie aandag getrek en ek het ontsaglik baie komplimente ontvang. Ek is mal oor die beweging van die rok as ek deur my metgesel op die dansvloer in die rondte gedraai was. My rok gee my die gevoel van uniekheid wat eie aan my persoonlikheid is.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media