Katherine Smit
Hoërmeisieskool La Rochelle
Tuisdorp
Paarl
Skool
Hoërmeisieskool La Rochelle
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeidrok self ontwerp. Die persoon wat my rok gemaak het, is die talentvolle Anri Ham van Noorder-Paarl.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My liefde vir jazz-sang, asook die tydlose skoonheid van die 1960’s klassieke Hollywood-tydperk. Soos byvoorbeeld, Marilyn Monroe se ikoniese rooi lippe en “beauty spot”, tot Ella Fitzgerald en Julie London se krullerige haarstyle.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit weerspieël my onvoorwaardelike passie vir die kunste. My matriekafskeidrok dien dus as ’n lewende bewys van my potensiaal en herinner my om altyd my volle vertroue in die kreatiewe skeppingsproses, as kunstenaar te hê.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Om my ongelooflike vriendinne se rokke vir die eerste keer te sien ná al die harde werk — dit was ’n oomblik van trots, opgewondenheid en ware vreugde.
Planne vir na matriek
Ek beplan om ’n oorbruggingsjaar te neem, waar ek my lewe met verrykende ervarings sal vul. Gedurende dié jaar wil ek graag aan my roeping as sangeres werk, my Graad 5-musiekteorie-eksamen by UNISA skryf, en ’n aansoekportefeulje voorberei vir Visuele Kommunikasieontwerp aan die Universiteit Stellenbosch vir die 2027-inname.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kapokaartappel
Datum van matriekafskeid
2025-10-18