Karmi Momberg

Hoerskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou baie graag iets spesiaal hê vir my matriekafskeid. Iets klassiek soos Kate Middleton met 'n stylvolle kinkel. Ek het dié ontwerp gekies met 'n bo-stuk wat soos n legkaart tipe ontwerp in mekaar pas om my middel te beklemtoon. Die bo-stuk strek oor my een skouer en verdeel in twee fyn gevlegde bandjies. Die rok is nousluitend met 'n hoë spleet wat die gaping in die bo-stuk komplimenteer. Ek was aanvanklik nie seker oor die kleur van my rok nie maar gelukkig het my ma op 'n besonderse stukkie lap afgekom. Die voering van die rok is 'n sagte blou-grys sy, wat die kleur van die kraletjies op die middernag blou kant opvang. Ek het juis van die kleur gehou omdat dit my gelaat komplimenteer en dit bring veral die blou in my oë uit. Die spleet en die soom is besonders afgerond met geskulpte kant en donkerblou sequins. Hierdie rok is 'n simbool van hoe ek my skoolloopbaan afsluit; 'n jong volwasse dame in die fleur van haar lewe wat entoesiasties uitsien na wat die toekoms vir haar inhou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af het ek op my ma se Pinterest rekening idees vir rokke begin bymekaar maak. Die dag toe ek op MY rok afgekom het was ek eintlik veronderstel om vir Wiskunde te leer. Ek het oor my voete geval om die prentjie vir my ma te wys en toe sy dit sien het ons albei geweet dit is die een. My ma se presiese woorde aan my was: "Dit som wie jy is op. Onskuldig maar tog met n lus vir die lewe. Elegant en gesofistikeerd". My ma sê altyd dat 'n meisie die rok moet dra en nie andersom nie. Jy kan 'n goiing sak aanhê en nogsteeds koppe laat draai. Ek wou graag iets eenvoudig, elegant en opvallend maar tog gemaklik hê. Die rok moes 'n verlenging van my persoonlikheid wees wat my op hierdie spesiale dag net 'n ekstra bietjie selfvertroue gee.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat my ouma my rok gemaak het was vir my en vir haar baie spesiaal. Sy het seker gemaak hy sit soos 'n handskoen aan my. Dit was nogal ingewikkeld om die legkaartstukkies van die bo-stuk perfek te laat sit en om nie eers te praat van die duisende kraletjies waarom sy moes werk nie. Ek het dit geniet om deel te wees van elke stap van die ontwerpproses en om met elke pas van my rok meer opgewonde te raak oor die eindproduk wat een honderd persent my wildste drome oortref het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media