Karla Visser
Hoërskool Jim Fouché
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
In die middel van 'n frustrerende tweestryd tussen 'n glinsterende rok en 'n wye balrok, het die gedagte by my opgekom...
Wat van 'n kombinasie van die twee?
En met hierdie gedagte het my matriekafskeidrok lewe gekry. Die wye romp was 'n volle sirkel, wat my soos 'n prinses laat voel het met elke draai. Met 'n zip en 'n knip kon my romp maklik verwyder word en 'n heel nuwe rok het sy verskyning gemaak. Ek het my brood aan albei kante gebotter gehad!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Jim Fouché
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok was die perfekte opsomming van my persoonlikheid. As 'n danser wat baie lief is vir blink steentjies, was dit sonder twyfel die grootste behoefte van my rok. En natuurlik was die 3-jarige dogtertjie binne my oorstelpt toe ek haar gunstelingkleur kies: Pienk! As 'n perfeksionis, was ek ontsteld toe geen internetfoto my droomrok kon uitbeeld nie, maar my goeie verhouding met my rokontwerper het my geleidelik gerusgestel toe die rok voor my oë aanmekaar gestik word en steentjie vir steentjie my naam gespel het. Uiteindelik was my rok klaar: Sonder enige voorbeeld; net so uniek soos ek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was dat ek van 'n formele elegansie na 'n meer spelerige of "jonger" elegansie in 'n oogwink kon verander.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-27