KARLA VICTOR

ORANJE MEISIESKOOL

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is van sagte Sateen Organdy gemaak , die kristal blou kleur is deurskynend oor 'n af wit satyn basis gemaak.Dit was 'n kombinasie van volume , struktuur , plooie en 'n styfpassende romp wat die eindproduk uniek en suksesvol gemaak het. Die belt van die rok is afgerond met detail wat bestaan het uit 'n kombinasie van blomme en skulpvorms .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

JA

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

'n Mens kry so baie idees wanneer jy jou matriekafskeidrok beplan , maar my hele idee was dat my rok anders moes wees in beide kleur en styl. Ek was geeinspireer deur die sagte skakering van die waterverf en die gevoel van die van die skulpvorms en die wind van die see .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die besonderse bo-stuk was werklik vir my die gunsteling deel van my rok. Die verskillemde lengtes waaruit dit bestaan het , het my bolyf mooi beklemtoon en stylvol laat lyk.Ek hou ook baie van dans en wou gemaklik op die dansvloer wees.Ek was mal oor die vloei van my rok , die lap het so mooi saam beweeg soos wat ek op die dansvloer gedraai het.Die hele struktuur van die rok was van so 'n aard dat ek te alle tye gemaklik en selfversekerd kon rondbeweeg

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media