Karla Durant

Hoërskool Pietersburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het altyd die begeerte gehad om ‘n rok te hê wat my figuur beklemtoon: ‘n lang, styfpassende rok. ‘n Rok met ‘n lang mou was nog altyd ‘n droom vir my, aangesien dit ‘n stylvolle en elegante voorkoms bied. Dit word afgerond met ‘n sierlike split en subtiel aangevul met fyn afwerking van kraletjie materiaal op die mou en heupe. Die rok is eie aan sy soort met sy unieke kleur en fyn details. Die grimering en hare sluit ook perfek aan by die elegansie van die rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Pietersburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het aanvanklik nie ‘n duidelike idee gehad oor hoe my rok moes lyk nie. Gelukkig het LeChanté Haute Couture, wat my rok gemaak het, tot my redding gekom deur al my idees bymekaar te sit. Sy het verskillende soorte materiaal vir my gestuur. Hierdie spesifieke kraletjie patroon het dadelik my oog gevang en het ek presies geweet wat ek wou hê: ‘n slank, styfpassende rok met fyn kraletjie materiaal op die heupe, met die mou wat by die heupe aansluit om 'n eenheid te vorm (ook met fyn kraletjies). Die rok het indrukwekkend uit gedraai en lyk soos ‘n droom. Dit kan nie méér perfek by my persoonlikheid aansluit nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok, is definitief die heupe en die mou met al die fyn besonderhede. Ek kan nie anders as om te bewonder hoe die heupe ‘n elegante vorm aan die rok verleen nie, terwyl die mou met sy fyn detailering ‘n onmiskenbare beroep op styl en estetika maak. Dit is hierdie aspekte van die rok wat my dadelik verlief daarop gemaak het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media