Karin Venter

Hoër Volkskool Heidelberg

Tuisdorp

Grootvlei Mpumalanga

Skool

Hoër Volkskool Heidelberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is gemaak en ontwerp deur die talentvolle Carike Nel. Sy het my styl, persoonlikheid en droom in elke steek vasgevang. Van die kleur tot fynste detail, alles het gevoel soos EK.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd geweet ek wil ñ rok hê wat sê “Plaasmeisie met ñ tikkie glans”! Toe ek hierdie materiaal sien het dit my laat dink aan die laatmiddagson oor die mielielande agter ons huis, daai sagte goue lig wat alles mooi maak. Wat vir my die mooiste is, is dat die rok spesiaal ontwerp is sodat ek op my Friesperd Bjorn kon ry, ek ry perd al van ek kan onthou, en dis hoe ek my matriekafskeid wou binnegaan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie was nie net vir my ñ rok nie - dis ñ bietjie plaasstof, sonlig en drome aanmekaar gestik. Gemaklik, prakties en steeds besonders - net soos die lewe op die plaas.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My fotosessie was vir my alles waarvan ek kon droom. My rok het in die son gestraal, en toe ek op my perd klim het dit gevoel asof alles net in plek val. Hy was ñ handvol en stout, maar ek sou hom geen ander manier wou hê nie.

Planne vir na matriek

Ek beplan om volgende jaar Aptekerswese by die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom te gaan studeer, en om daar my netbaldroom uit te leef. Ek is baie opgewonde vir hierdie nuwe hoofstuk!

Gunsteling woord in Afrikaans

Horison

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media