Kara Rossouw

Hoërskool Paarl Gimnasium

Tuisdorp

Cape Town, Bellville

Skool

Hoërskool Paarl Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Elizabeth Stockenstrom

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag n rok ontwerp wat my persoonlikheid uitstraal, ek het wel nooit gedink dat ek n bruin rok met oop skouers sal kan maak werk nie maar ek was baie opgewonde om iets nuuts te probeer en om n droom in n realiteit te verander, ek wou gaan vir iets wat ek nie normaalweg sal dra nie, n tydlose ontwerp en kleur wat anders is as die res, n rok wat uit staan en wat mense verseker sal onthou en dan natuurlik iets waarin ek gemaklik en mooi voel terselfde tyd. My гок lyk soos n dood normale bruin rok as jy van voor af kyk maar die oomblik as ek in die ronte draai verskyn die goue glinsterende lap aan die binne kant, my rok spog met n opwindende struk wat versier is met goue blare en takkies wat van die strukpunte van onder na bo rank, dié detail is goue kraletjies wat individueel met die hand vas gewerk is. As mens vinnig na die rok kyk sal mens nie die dele wat werklik saak maak raak sien nie maar as jy jou tyd vat en die rok in neem is dit wanneer jy die mooi binnekant en goue detail beleef, dit gaan vir my saam met die stelling "don't judge a book by its cover" wat vir my n kosbare betekenis agter die rok sit.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriek afskeid rok beteken vir my baie, dit is nie net n rok vir my nie, die proses van die rok ontwerp en die verskillend kleure en style waarvan mens moet kies het my oë vir seker dinge in my lewe oop gemaak, nooit in my wildste drome het ek gedink dat ek n rok sal dra soos wat ek gedra het vir my matriek afskeid nie Soos meeste mense, is ek ook n meisie wat soms selfbewus voel oor my lyf, ek het altyd gedink ek sal n langmou rok dra met n toe rug net omrede ek gedink het dat dit die beste by my lyf sou pas, ek het altyd gedink hoe meer jy toe maak hoe minder kan mense jou lyf kritiseer, maar ek het besef dat dit nie saak maak wat ander mense van jou dink nie, op die ou einde van die dag gaan dit nie oor die mense wat die matriek afskeid kyk nie maar oor die dame of seun wat oor daardie rooi tapeit loop en daarom het ek besluit om heeltermal uit my gemaksone uit te tree en die rok van my drome te ontwerp, en nou kan ek nie nog meer dankbaar wees vir my besluit nie, ek kan met volle trots sê dat ek nog nooit so gemaklik en selfversekerd in n rok gevoel het nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die oomblik toe die daansvloer open, ek is nie veel van n daanser nie maar as ek met my vriende is is enige iets moontlik

Planne vir na matriek

Ek gaan n gap jaar vat waar ek dan oorsee wil gaan aupair en bietjie nuwe kulture wil leer ken Wanneer ek dan terug kom wil ek graag in die Skoonheidsbedryf ingaan

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefling

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media