Kara Fourie
Die Brandwag Hoerskool
Tuisdorp
Uitenhage
Skool
Die Brandwag Hoerskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Studio Thee Tomas Lee het my droomrok ontwerp en die proses so onvergeetlik gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die rok moes my lewe uitbeeld. Maar julle dink seker, die rok lyk dan so eenvoudig? Die rok is vir die klein dogtertjie met moddertone en ń wilde bos krulhare, Kara, die Boskind, wie die elegante vrouens bewonder waar hulle harmonies stap met hulle eenvoudige, maar klassieke aandrokke. Ek wou dié roomwit rok dra wat oor my lang bruingebrande lyf val. Soos as die see perfek is om te duik. Die vloeiende ontwerp, oop rug en delikate bandjies, suggereer ń mengsel van vroulikheid en vryheid. Die rok verbind my met die natuur - die plek waar ek op my gelukkigste is - en komplimenteer die rok se besonderheid en elegansie, en voeg ń tikkie wilde skoonheid by. Elke naat, elke vou, elke detail is ń meesterlike streep wat ń visie van eteriese skoonheid skep, ń droom in wit, net soos my lewe is. So, die rok is dalk eenvoudig, party sal dalk sê dit lyk soos ń trourok, maar dit is deel van my storie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok beteken vir my ń nuwe selfbeeld, ń nuwe skoon bladsy in my boek. Waar ek altyd baie negatief oor my liggaam was en die standaarde van ons generasie, het die proses van die matriekafskeid dit immers begin verander. Ek het eers so onseker gevoel, maar toe ek in die rok inglip, het ek my asem uitgeblaas en ń glimlag het verskyn. Ek is dankbaar vir geleenthede soos hierdie, waar ń mens jouself weer kan vind na ń storm.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die "adrenaline rush" van die regmaak op die dag, waar ek voel asof ek opwarm vir die SA 1500meter finaal. Die beste van die aand was om te sien hoe almal net op hulle gelukkigste was. Dit was ń onvergeetbare herhinnering om vir al my vriende en vriendinne aan te jubel en komplimente van die hart af uit te deel. Waar ek en my vriendinne ons hakskoene onder die tafel neergegooi het toe die eerste liedjies begin speel en weer te lag soos klein dogtertjies. Toe ons na middernag by die see se lighuis met ons rokke in die koue reën en wind gaan hardloop, het dit soos ń regte oudtydse fliek gevoel. Sulke tye laat ń mens voel asof jy werklik LEEF!
Planne vir na matriek
My planne vir naskool is om BCom of LandbouEkonomie te gaan swot. Ek is baie passievol oor atletiek, landloop, netbal en perdry, Maar ek het besluit om voltyds te fokus op hardloop. En hopelik 'n paar lekker lang staproetes om Suid-Afrika se natuurskoonheid nog meer kan ervaar!
Gunsteling woord in Afrikaans
krultoonlekker
Datum van matriekafskeid
2025-10-01