Kaitlin Hoops

Hoërskool Kalahari

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou nie anders wees nie, ek wou Kaitlin wees! Plain en simple "die basic rok word altyd onthou" woorde van my Onderwyser. Soos elke meisie het ek op pinterest na die regte rok gesoek ek hierdie snit gesien en vir my ma gaan wys en dadelik vir my ouma gestuur. Haar woorde was "kom ons gaan kry materiaal sus ek wil hom vir jou maak" My ouma het dag in en dag uit tussen deur haar werk my rok gemaak nes ek dit wou gehad het. Met n verstelling hier n knoop daar het alles uitgedraai nes die prentjie in my kop.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok gehad het wat soo EK IS. Ek is nie een vir WOW patroone en blinkers nie. Ek is soos hul sê n "plain jain". Almal het gedink ek gaan rooi as my kleur vat, omdat al my dinee rokke rooi was. Maar hoekom as my gunsteling kleur blou is. En die beste van als is dit was my metgesel se gunsteling kleur ook. Die kleur en materiaal het dadelik my oog gevang toe ek voor soveel kleure moes staan en kies.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is dat my rok uit n broek-pak bestaan het en dat my romp los is en net oor vas gemaak kan word. Die gunsteling deel van alles is dat my ouma se hande elke liewe deel met liefde vas gestuk het nes ek dit wou gehad het!

Datum van matriekafskeid?

2023-04-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media