Kaira Visser
Hoërskool Stellenbosch
Tuisdorp
Stellenbosch
Skool
Hoërskool Stellenbosch
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is deur Ilse Roux van Ilse Roux Bridal geontwerp en laat maak.Sy en haar span is n groep wonderlike mense met elkeen n hart van goud.Sy doen alles in haar vermoeë om jou visie vir jou rok te laat waar word.Ons het n paar maande aan die rok gewerk en deur baie passe gegaan.Dit was n voreg om saam haar en haar talentvolle span te werk.Sy is een van die vriendelikste mense met n hart van goud.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het aan die begin geen inspirasie gehad nie.Ek het oral rokke aangepas om te kyk waarvan ek hou en watter kleur by my pas.My Instagram was volle rokke van verskillende style en kleure en elkeen heel anders as n ander.Na baie stres het ek van drie rokke gehou en toe die driek rokke in een gesit om een rok te kry.Ek was baie skepties omdat ek nie net een inspirasie foto gehad het om terug na te kyk om te weet hoe my rok sal lyk nie ek moes maar my kreatiwiteit en verbeelding gebruik.Na nagte se wakker lê en stres ,was dit uiteindelik die moeite werd en ek het verlief geraak op my rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my onsaglik baie.Elke meisie wag vir die dag van kleins af.Ek het altyd toe ek jonger was saam my ma en susters die program op Via "My Matriekafskeid "gekyk.Ek het altyd uitgesien om die meisies se rokke te sien wat hulle kies en hoe dit perfek by hulle pas.My rok is vir nog meer spesiaal omdat Ilse my suster se rok gemaak het en nou myne ook.My rok beteken vir my baie omdat dit my as persoon beskryf en my hele persoonlikheid uitbeeld.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Elke oomblik was vir my n hoogte punt.Van die instap na die aantrek ,die kos,die casino tema met casino speeletjies.Dot was vir my baie lekker om my vriende se reaksie op my rok te sien nadat ek alles vir n hele jaar n geheim gehou het.Dit was vir my net so lekker om saam my susters en ma klaar te maak en daai spesiale oomblikke met hulle te deel.Maar die beste hoogte punt was definitief toe ek uiteindelik my hakskoene kon uitrek en kon ophou stres oor die dag,die stres was erger as die stress voor n wiskunde toets.
Planne vir na matriek
Ek gaan na matriek BRekeningkunde by die Universiteit van Stellenbosch (maties)studeer vir 4 jaar en dan my drie jaar klerkskap doen om uiteindelik n CA te word.Ek sien uit vir die nuwe hoofstuk in my lewe en al die nuwe vriende en herhinderinge te maak en elke oomblik te koester.
Gunsteling woord in Afrikaans
Asemroowend
Datum van matriekafskeid
2025-10-04