Julia van den Berg

Hoërskool Paarl Gimnasium

Tuisdorp

Tulbagh

Skool

Hoërskool Paarl Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Genevieve Atelier

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd hierdie tipe rok gehad het, al van Graad 8 af. Ek wou 'n elegante, stylvolle en tydlose rok gehad het. Hierdie rok merk elke boksie af. Die kleur was wel 'n moeilike besluit, dit was tussen blou en geel. Ek het verskeie rokke aangepas, maar my hart was vas op die rok. Ons het die kleur gevind toe ek 'n ander rok aangepas het en dadelik besluit dat dit die kleur is vir my. Die rok moes ook mooi lyk op my, nie ander kant om nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het alles vir my beteken, dit is tog waarna almal kyk. Ek is verlief op my rok en sal enige verskoning soek om dit weer te dra. Dit is die rok wat ek die mooiste al ooit in gevoel het, en dit was baie belangrik vir my. Ek was gemaklik in my rok en het soos n ware prinses gevoel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief toe ek my rok aangetrek het met my grimering en hare wat gedoen was. Alles het soos n droom gevoel want ek kon nie glo hoe mooi alles by mekaar gepas het nie. Nog n hoogtepunt was om almal se reaksies te sien, dit het my soos die mooiste meisie op aarde laat voel.

Planne vir na matriek

Ek gaan LLB Regte gaan studeer by Boston Universiteit om eendag 'n prokereur te word.

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefde

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media