Joré Wessels

Hoërskool Martin Oosthuizen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou soos 'n prinses lyk, dus moes die romp baie wyd wees en met verskillende lae, die lae moes ook van verskillende kleure blou en groen wees wat inskakel by die rok se lyfie se materiaal waarby groen en blou ingeweef is. My ma moes die rok maak, en ons wou nie te 'n ingewikkelde patroon kies nie, maar die rok moes nog steeds uitstaan en sprankel. Die krale op die moue moes 'n sjiek ouwêreldse gevoel gee en saam met my beweeg. Ons woon op die platteland en dit was moeilik om krale en steentjies van die regte kleur te kry, en ons het toe ook met verskillende skakerings van groen en blou gespeel op die moue, belt en romp. Die juweel-versierde belt moes ook die lyfie en romp bymekaar bring, en komplimenteer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Martin Oosthuizen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Aspoesterjie was my inspirasie vir die rok, net met my eie stempel en klassieke mode styl. Ek wou soos 'n prinses voel. En aspoestertjie se rok het ook van kleur verander.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die wye romp waarin ek kon draai en swaai, die kraletjies op die moue, die feit dat my ma dit spesiaal vir my gemaak het, én my romp het 'n sak in gehad.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media