Jorden Hayes

Momument

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool

Momument

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Sonia van Pretoria.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok was presies soos ek dit wou gehad het. Ek wou soos 'n prinses voel en die rok het dit 100% vir my gedoen. Elke keer as ek gaan aanpas het, het my glimlag net groter en groter geword. Die rok is ek. Ek wou nie te veel bling en ander detail opgehad het nie, maar dit moes ook nie vaal lyk nie. Op die ou end was daar sewe lae onder wat my net meer soos 'n prinses laat voel het. Ek wou iets dra wat ek nie normaal weg sou kan nie. Hoeveel geleenthede is daar om soos 'n regte prinses aan te trek?

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is my prentjie van hoe ons almal kan lyk in 'n ander tyd era. Ek doen drama en die rok laat my voel soos 'n karakter wat op die verhoog optree of by 'n bal met 'n koets aankom en heelaand oor die dansbaan gly. Ek is mal oor my rok en die gevoel wat ek kry as ek dit aanhet.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die regmaak deur die dag. Dit was so lekker om na elke deel te sien hoe die finale prentjie bymekaar kom.

Planne vir na matriek

Ek gaan by NWU studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Droom

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media