Jordan Coetzee

Hoerskool Dr E.G Jansen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As ek een woord vir my rok kon kies, is dit Jordan. My rok is ek, net ek en alles wat ek vir kon vra op hierdie droom dag! In my rok kon ek n stukkie van myself uitbeeld. Ek wou iets ander doen, ek wou hê almal se koppe moet draai vir MY rok. n Rok wat onthou sal word. My rok se sleep kan af zip, hy verander dan in n cocktail rokkie. Dit beeld my persoonlikheid uit, want toe is dit partytjie tyd!!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Dr E.G Jansen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is n danser, van kleins af het my dans kostuum ook altyd soos ek gevoel. My rok se inspirasie was om iets te ontwerp wat ek in gemaklik voel en wat NIEMAND anders sal kan dra soos ek nie! Om my rok te kon afzip was iets wat ek nog altyd wou doen. 2 verskillende rokke op een aand, enige meisie se droom!!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die knoppies agter. Dit was my ma se ‘touch’! Alhoewel ek my hele rok ontwerp het was die knoppies so belangrik vir my, want ek kon n stukkie van my ma dra en sy was ook deel van elke tree om hierdie rok te maak.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media