Jonel Jones
Hoërskool Kalahari
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Kalahari
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het hierdie ontwerp gekies omdat ek iets anders wou hê wat tog stylvol bly. Die moderne snit en kleur maak die rok uniek, terwyl dit steeds elegant en draagbaar is. Ek hou daarvan dat dit my toelaat om uit te staan. Die kleur en vorm pas perfek by my styl – sterk, selfversekerd en BOLD.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd gedroom om ń Anel Botha Couture/Calvers rok te dra. Toe ek die rok sien, het ek geweet dis presies wat ek wou hê — die detail, die pasvorm en die manier waarop dit vloei, het alles saam vir my die ideale prentjie geskep.
Ek wou hê my rok moes ’n stelling maak — iets wat wys ek is nie bang om anders te wees nie, en wat terselfdertyd sag en vroulik bly.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was hoe die belt my figuur pragtig uitgelig en my mooiste kenmerke beklemtoon het — veral my middel en skouers. Die groot, dramatiese moue het ’n unieke element bygevoeg wat die hele ontwerp laat uitstaan het.Die onderkant van die rok was subtiel deurskynend, wat net genoeg van my bene gewys het en ’n ligte, elegante effek geskep het.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03