Joné Joubert

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek droom soms van n meisie wat gelukkig en met n glimlag op haar gesig in n blommeveld ronddwaal, en sy was tevrede met wat sy het.Die rok het my droom van n sprokiestorie na werklikheid gebring. Ek kan met n eerlike hart sê dit was my droomrok. Met behulp van Elreza Buitendach Huygen, n kunstenaar van Rustenburg, wat met unieke handgeverfde blomme die rok persoonlikheid gegee het en Wilna Young Fashion Design wat elke stukkie materiaal aanmekaar gesit het en my droom vlerke gegee het, kon ek die dag van ons matriek-afskeid oor die rooi tapyt loop en voel ‘die is nou EK wat hier loop’. Dit was perfek en alles wat ek wou gehad het. Hulle het soveel liefde en tyd in my rok ingesit en dis alles waarvoor n meisie kan vra vir haar matriek-afskeid. My hart was só gelukkig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos wat ek een dag deur instagram scroll en Natasha Joubert se rooi rok gesien het, het ek geweet dis die snit wat ek wil hê maar daar het iets gekort. En wat anders sal n rok spesiaal maak (vir n meisie wat verlief is op blomme) as hand geverfde blommetjies.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is definitief my blomme. Dis alles en meer wat ek wou gehad het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media