Jomari Campbell

Privaatskool Elnatan - Stampriet Namibia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons matriekafskeid was die 13de Oktober op Stampriet. Die tema was "Franse Wingerde" My uitrusting het bestaan uit 'n swart rok wat net een lang mou aan die regter arm het. Die rok is met kant materiaal uitgevoer waar die nek en skouers bymekaar kom en vloei af tot die voete. Die rug is effens oop teen die linkerkantste blad, en is ook met kant omtrek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Privaatskool Elnatan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die idee van die rok het ontstaan uit 'n foto wat ek gesien het en toe die ontwerp self aangepas voordat ek dit laat maak het. Ek wou die idee van eenvoudige elegansie en luuksheid uitbeeld, sonder om uitspattig en arrogant voor te kom. Met die rok wou ek voel asof ek in 'n spioenfliek speel waar die hoofkarakters na 'n dinee genooi is, maar steeds as onverdag moes voorkom, alhoewel ek voel asof die rok meer uitgestaan het as wat dit moes.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat dit presies uitgekom het soos ek dit graag wou hê en ek het baie spesiaal gevoel in die rok. Ek het ook baie komplimente gekry oor hoe die rok by my persoonlikheid gepas het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media