JOLENE ODENDAAL

AFRIKAANS HOËR MEISIES PRETORIA

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is lief vir meer klassieke, eenvoud en het besluit om daarby te hou. Ek het saam ons ontwerper, Wilma du Plessis, swart met bietjie van 'n "speel-bling" effek gesoek en die wonderlike materiaal gekry. Elegant en tydloos maar tog gemaklik om steeds die aand in te dans en matriekjaar af te sluit. My rok moes ook van so aard wees dat ek nie baie bykomstighede moes dra nie, my rok moes die ster van die aand wees!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisies Pretoria, onvergeetlike aand!

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is nie 'n modeslaaf nie maar waardeer beslis 'n mooi kledingstuk. My matriekafskeidrok moes deel van my persoonlikheid wys, stylvol, elegant en tydloos. 'n Rok wat my sou toelaat om met gemak my aand te geniet!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Eerlik om iets uit te sonder sal wees om vir 'n ma te vrae, wie is haar gunsteling kind. Ek het natuurlik van die gemak van my slit gehou, om maklik te kon beweeg en heerlik te kon dans, die rugkant van my rok was baie stylvol en die sleep wat ek met gemak kon inhak, My wens is dat elke Matriekdame so spesiaal soos ek in my rok sal voel! Onvergeeetlik!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media