Jolanie Terblanche

Koster Skool Gekombineerd

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is ontwerp om my lyf se kurwe te beklemtoon iets waaroor ek eintlik baie skaam is maar die rok het my selfvertroue gegee om soos n victoria secret super model te voel. Die donker petrol groen drapes het my oe laat uit staan en het my heupe beklemtoon. Die diamante is so gerangskik juis om die bokant van my lyf te beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou soos n prinses voel wat elke klein meisie van droom om eendag te wees.Ek wou iets gehad het wat uit staan en wat uniek is teenoor al die ander rokke.Die donker petrol groen drapes en die baie diamante het defnetief my soos n Egiptiese prinses laat voel (soos Prinses Jasmine van die movie Aladin).

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis moeilik om net 1 deek te kies. Ek wou bietjie uit my boksie klim en iets kry wat uniek is en wat sou uit staan tussen al die ander rokke.So ek wou iets laat maak het wat niemand sou verwag het nie.Iets styf om my lyf se kurwes te beklemtoon, n mini rokkie onder aan om my bo-bene te wys en n bietjie kleur wat die rok sou afrond. Ek is eerlik waar nie 'n persoon wat regtig daarvan hou om kleur te dra nie ek hou eintlik meer van neutrale kleure en ek is baie selfbewus as dit kom by my bo-bene en my lyf se kurwes so die was defnetief uit my "comfort zone", maar eks nie een oomblik spuit oor my keuse nie. So basies is die hele rok my gunsteling deel want ek kan nie net een deel kies nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media