Jolandi Muller

Hoërskool Jeugland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was ontwerp van 3 fotos af. Die lae rug, stywe snit en slit was 3 dele wat ek op my rok wou hê en die res was slegs toe val! Ek het van vroeg af geweet ek wil graag n glinsterende materiaal hê, en n ietsie uniek aan my rok. Min wetend het my teal, groen materiaal albei die boksies afgemerk. Die ligte see groen materiaal het perfek gewerk saam my ligte vel, blonde hare en blou groen oë.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jeugland

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

n Ander rok wat ek aangepas het eindlik. Ek was mal oor die snit van die rok maar daar was iets wat gekort het. Toe ons besluit om my rok te maak was foto's op pinterest n groot deel van die inspirasie. Maar toe ek en my ma finaal op die materiaal besluit het, het dit gou die hoof stukkie inspirasie geword en al die keuses rondom my rok was gebasseer op wat beste saam met die unieke materiaal sou werk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor elke stukkie van my rok maar my heel gunstelling deel is die materiaal waaruit my rok gemaak is. Uit al die baie rokke wat ek gesien en aangepas het was daar nie een met die unieke kleur nie. Dit was definitief die "ietsie anders" faktor wat ek graag wou hê. Die materiaal was ook vreeslik gemaklik wat my toegelaat het om die aand saam my metgesel weg te dans. Die glinster, die kleur, die gevoel van die materiaal was als wat ek in my rok wou hê!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media