Johanique Hutten

Hoërskool Punt

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Punt

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My reis in verskillende skole in Nederland en in Suid-Afrika was beslis my inspirasie. Ek en my ma het maande lank prentjies gesoek, ontwerpe self geteken en met kleure gespeel wat my persoonlikheid sal vasvang en my skole-storie sal vertel. Stylvol, maar ek wou betekenis in die ontwerp van my rok inbou. Elke patroon/motief is met die hand gewerk, dit lyk amper soos kontinente wat almal op die ou einde 'n eenheid vorm. Ons het vir drie jaar in Nederland gewoon, en dit was 'n hartseer gedagte dat daar nie iets soos 'n matriekafskeid is nie. Die patrone beeld uit hoe ons gereis het, die verskillende skole waarin ek was in Nederland, die kleure is die tale wat ek moes leer lees en skryf en die blink tussenin is die mooi herinneringe wat vir my uitstaan. Die breë kralewerk aan die onderkant is swaar en lyk amper soos 'n kroon. Die blink wit "strepe" wat die bokant van my rok met die onderkant verbind is 'n uitbeelding dat my geloof in Jesus rotsvas geanker is, Hy hou my veilig. Ek was ekstra dankbaar vir 'n matriekafskeid, en die geleentheid om so mooi rok te dra. Om te dink ek sou daarop uitgemis het as ons nie terug getrek het Suid-Afrika toe nie!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok vertel 'n hele storie, as daar een element uitgehaal word, is my storie nie volledig nie. Die "krale-kroon" onderaan het beslis uitgestaan, en sonder dit sou my rok nie meer formeel wees nie... net soos ek niks is sonder Jesus nie!

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media