Johanelle Gerber

Hoerskool Stelenbosch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

n Room kleurige satein broek met n chiffon romp wat oor die broek vasmaak. Kraele is aangewerk op die band van die chiffon romp met diamant knoppe wat dit vasmaam en gee die effek van n rok. Die boonste gedeelte is n korset wat bedek word met kant vol klein blou blommetjies. Die kant maak ook die mouwe met die klein blommetjies wat ook aangewerk is aan die einde van die mouwe en om die hals.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir baie meisies, droom hulle al van kleins af van hoe hul matriekrokke sou wees, maar die gedagte het my nog nooit getref nie. Ek wou nie eers na my afskeid toegegaan het nie omdat ek het nie belang gestel nie, maar het besluit om deel te neem en nie spyt wees in die toekoms nie. Toe dit gekom het om vir rokstyles of n rok selfs te kry, het ek van geen rok gehou nie wat ek aangepas het nie. Ek kon nie myself daarin sien nie. By n punt, het ek later gedink en sou nie n rok vind wat vir my "Ja,dis die een!" skreeu nie. Eendag, op Pinterest, soek ek na idees voordat ek by n broek rok idee afgekom het en het dadelik geweet dis dit! Ek het vir my moeder gese en ons het verder gekyk na die verskillende enes vir die hoof inspirasie van hoe dit sal lyk. Toe dit kom by kleure, wou ek wit en blou doen, maar my moeder en Lizel-Mari het gese om eerder te kyk na ander kleure. Na wat gevoel het na ure se verskillende kleur material kyk met geen wat ek kon myself in sien, het my ma n kant material gevind met blou blommetjies op. Beide die kant met n room kleur by, het hulle saamgestem dis pas heeltemal by my. Al van die begin af vir soek na inspirasie, het my ma altyd gese my idee is uniek en dis wat my rok so spesiaal maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok moet wees die chiffon romp omdat dit gee net daardie effek van n rok, maar jy dra n broek daar onder aan! Die vloei van die chiffon romp wanneer ek begin stap en in die wind wat gewaai het daardie dag met die kraeletjies wat op die band vasgewerk is was heeltemal die deel breekers om dit my gunsteling deel te maak na my korset.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media