Joelene Haasbroek

Tuks universiteit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

‘n Ligte pienk ontploffing wat enige iemand se dag kan opkikker. Die rok vang onmiddelik jou oog en hy plak ‘n glimlag op almal se gesig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Eldoraigne se Matriekafskeid

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rokkeuse was absoluut my persoonlikheid. Ek het n rok gesoek wat uit en uit by my borrelende en stralende persoonlikheid pas. Die rokkeuse weerspieël my menswees en my vrolike gesindheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Absoluut die hele rok, van die kroontjie tot die toontjie het hierdie rok my hart betower!! Van die fynste klein pienk blommetjies aan die bokant, tot die, sagte, vleiende en vloeiende onderkant. Dit is ‘n mooi, lekker en gemaklike rok om mee te dans en sokkie. Ek het die rok met ‘n mooi paar wit tekkies gepaar.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media