Joané van der Westhuizen

Hoërskool Oudtshoorn

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vandat ek klein is het ek my rok begin beplan en nog altyd wou ek n groen rok hê, maar nie die normale groen nie eerder n sagte groen wat aandag trek maar ook nie. Ek het hoog en laag gesoek vir hierdie blomme wat op my rok is. Dit was vir my belangrik dat ek n deel van my rok self wil maak daarom het ek elke blaartjie en blommetjie geduldig uitgeknip, op die perfekte plek vasgesteek en daarna het ons dit vasgewerk. Ek was nog altyd mal oor sagte moutjies en ek wou graag hê die onderkant moet ook op sy eie manier spesiaal wees en saam vloei as ek dans daarom het ek vir drie vloeiende lae gegaan. Ek het die hele proses baie geniet.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ek het op 28 September 2023 Hoërskool Oudtshoorn se matriekafskeid bygewoon

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Meisies se fokus elke jaar is om n rok te he wat anders is. Daarom het ek besluit om my fokus te plaas op n rok wat wie ek is uitbeeld en dit maak my rok anders. Ek is mal oor die natuur en ook alles wat mooi is. Daarom het ek besluit om dít op my rok uit te beeld. Hierdie rok het my soos n feetjie uit n sprokiesverhaal laat voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was vir seker die borduurblomme. Ek het soveel tyd en moeite daarin gesit. Dit is vir my baie spesiaal dat niemand anders presies so iets het nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media