Joan-Marie Fourie

Eunice High School

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

Eunice High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok self ontwerp. My ma het die motief op die materiaal ontwerp en laat druk; sy het toe die rok ook gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Herinneringe van my Ouma se blou en wit porselein was die inspirasie agter die motief, die korset is deur die kostuums van my ballet jare geïnspireer... en watse dogtertjie wil tog nou nie prinsesvalle hê nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my 'n simbool van vrou word - die feit dat ek só bevooreg is dat my ma my rok kon maak soos wat my Ouma vir haar haar rok gemaak het, beteken dat ek hulle voorbeelde van elegansie en grasie kan voortbou.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid vir my was om te sien hoe elk een van my vriendinne se rokke hulle persoonlikhede weerspieël het. Alhoewel ons almal tog meisiekinders is wat dit geniet om mooi te lyk, beteken mooi lyk vir almal iets anders.

Planne vir na matriek

Ek beplan om Medies aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Liewenheersbesie

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media