Jinelle Louw

Hoerskool Bellville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek glo dat elke persoon uniek geskape is en daarom was die koop van ʼn reeds gemaakte rok glad nie op my lysie nie. Ek wou my eie stempel afdruk op my spesiale aand en my eie unieke self op die glansryke aand uitbeeld. Ek is vertroud met deeglike beplanning en het reeds vroeg in 2023 begin beplan aan my droom matriekafskeid rok .Ek het my persoonlikheid, sterk punte, swak punte asook liggaamsbou in ag geneem tydens die beplanning van my rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Bellville op 30 September 2023 te Eureka Estate

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is welbekend as ʼn sangeres in my omgewing en dit was my inspirasie vir my unieke skepping. My keuse was dus ʼn rooi rok met ʼn lang spleet omdat ek ʼn “statement“ wou maak, amper soos ʼn internasionele bekende wat as eregas opdaag by ʼn funksie. My gemak voor die kamera en ervaring op die verhoog as sangeres het my sprokiesmooi rooi rok elegant laat vertoon, my selfversekerd laat voel en het my boldness uitgebeeld .Rooi is vir my ʼn simbool van sukses.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is verseker die kleur (rooi) asook die lang spleet in my rok. Die kleur (rooi) het verseker my vel, oӫ en my hare gekomplimenteer. Die lang spleet in my rok was ook my gunsteling aangesien dit my ʼn elegante en stylvolle voorkoms gegee het wat my laat uitstaan. Die spleet het op ʼn baie subtiele manier bietjie meer been gewys en het verseker my lang lenige bene gekomplimenteer. Dit het ook aan my die ruimte gebied om gemaklik te dans en vrylik rond te beweeg- net so gemaklik soos op die verhoog.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media