Jessica van Ede

Fichardtpark Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Daar is ‘n paar geleenthede in jou lewe waar jy ‘n dramatiese, unieke en glans rok kan dra. Alhoewel ek ‘n unieke rok wou hê, wou ek nie ‘n rok dra waarin ek nie myself kon wees nie. Ek het op hierdie ontwerp besluit want dit vly my liggaam, wat baie belangrik is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Fichardtpark Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was Hollywood Glans. Dit moes iets wees wat my asem sou wegslaan. My idees het soveel verander en gegroei in die proses. Sadé, van Sadè Jansen Fashion Design het na my geluister and was so geduldig en gewillig om veranderinge aan te bring aan die ontwerp. Die rok is ontwerp en herontwerp vir 6 maande lank. Die kleur van my rok is verseker ook nie die kleur wat ek ingedagte gehad het nie maar, toe Sadé vir my die foto van hierdie materiaal stuur het ek net geweet hierdie is die kleur en materiaal. Die eind produk en die idees waarmee ek by haar ingestap het, is so ver van mekaar af weg. Sy het verstaan wat ek bedoel het met Hollywood Glans en my rok het my asem verseker weggeslaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die uitgesnyde aksente van die bostuk met kralewerk en die lae rug.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media