Jessica van der Merwe

Hoerskool Eldoraigne

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nie die tipiese reg-af lyfie of heeltemal 'n appel of 'n peer lyfie nie, so ek wou nie die regaf satyn rok idee toepas nie, en moes iets kry wat my nie soos 'n gif appeltjie in Liewe Heksie sou laat lyk nie (ja ek weet wie hulle is). Ek het 'n kort bo-lyfie en is nogal geseënd ook, so met 'n dun middeltjie en goeie boere-meisie heupe kan ek vinnig Dollie Parton voorstel (net 'n langer weergawe). So na vele idees en aanpas (en net so voor ek moed begin verloor het), het ek so 'n tipe rok gesien wat my sou help om my droom ook te bewaarheid van 'n regaf rok, beklemtoning van my middel en my boere heupies verbloem. So ek was regtig uiters opgewonde toe ek my patroon teken en vir die ontwerper gevat het. Dis sommer 'n twee-vir-die-prys-van-een tipe rok ook, omrede jy hom tweevuldig kan dra. Die kleur is nie gewoonlik die normale "go-to" nie en ek was bang ek weerkaarts dalk terug na die son toe, maar van al die kleure wat ek aangepas het en my idee om uit die boks te dink en net 'n WOW van almal te kry, moes ek oë toeknyp en net glo dit gaan werk. Dit was met my laaste passing toe alles bymekaar kom dat ek nie kon wag om die wêreld my sonskyn rok te wys nie!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets anders probeer. Sodra jy in matriek ingaan begin almal jou vertel "you need to get out of your comfort zone" die grootmens wêreld wag vir jou. So dit was maak of breek. As ek wou inspireer, of anders wees, was dit nou my kans. Ek wou net 'n "wow"faktor skep, ek wou vir eens uitstaan en nie terug krimp nie en moes heeltemal uit die boks dink en uit my teruggetrokke veilige persoonlikheid kom. Dit was my laaste jaar, en ek weet nie of ek ooit weer die kans gaan hê (behalwe jou trou dag dalk nie) om mense se asem weg te slaan en net almal te verbaas nie. Ek moes vir myself bewys, ek is meer as net 'n muurblom maar 'n sonstraal sonneblom! My motto in die lewe is "She believed she could, so she did" en ek moes dit net laat uitstraal! So I did!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur! Nie baie mense het geweet wat my kleur rok gaan wees nie, en die paar wat ek wel vertel het, se reaksies was maar skepties. So my gunsteling ding van my rok (nou nog as almal na die fotos kyk) is hulle reaksie en hulle glimlagde wat verskyn sodra hulle die rok sien. Ek lief dit.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media