Jessica Schoeman

Hoerskool Stellenberg, Kaapstad

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het verlief geraak op die kleur van die materiaal nog voordat ek op 'n ontwerp besluit het.
Magenta is net die heel mooiste keuse vir my, veral omdat ek 'n donker vel en hare het.
My kerel se ma is 'n ontwerper, en sy het die rok vir my gemaak volgens al die idees waarmee ek haar gepeper het.
Ek wou graag my skouers en rug beklemtoon, wat sy perfek reggekry het! Alhoewel ek 'n korter rok wou gehad het, wou ek ook iets meer vloeiend en vroulik gehad het – weereens, sy het so mooi na my geluister en die perfekte kombinasie van al my eie idees saam laat smelt.
Oop skouers, oop rug, styf om die lyf, kort maar vloeiend, baie bling en die mooiste kleur ooit!
Ek is totaal gek oor my rok en ek dink dit vang my persoonlikheid perfek vas! Vroulik maar sassy!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media