Jessica Oosthuizen
Hoërskool Randburg
Tuisdorp
Randburg
Skool
Hoërskool Randburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Boutique Catherine Walk
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
In die begin wou ek n simplistic rok gehad het, ń rok wat nie baie aandag trek nie. Maar toe ek in die rok winkel in loop toe staan my rok in die venster van hierdie winkel en net daar het ek geweet dat dit my rok was.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken baie vir my omdat dit iets nuuts is, dis n rok wat helder skyn net soos my wilde persoonlikeheid. Wanneer ek dit dra, voel ek vol selfvertroue en trots op die mens wie ek geword het en die mens wie ek is vandag. Dit voel asof hierdie rok saam met my die laaste bladsy van my skool loopbaan toe gemaak het en ń nuwe een oop gemaak het. Toe ek hierdie rok aangetrek het, het ek weer soos ń prinses gevoel, net soos toe ek klein was en van groot drome gedroom het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was definitief die vriende wat saam my hierdie afskeid gevier het. Ons almal het saam gelag en saam hierdie spesiale dag ervaar. Dit was so mooi om al my pragtige vriendinne in hulle droom rokke te sien en hoe ons almal die aand geniet het met ons prinses rokke aan. Daai aand was definitief ń aand vir die boeke.
Planne vir na matriek
Na Matriek wil ek graag my dans loopbaan verder vat. Ek is besig met my dans eksamen om my diploma in dans te kry sodat ek vir kleintjies die passie en ritme van dans kan leer. Ek gaan ook na die universiteit STADIO toe om intermediêr fase onderwys te swat. Ek wil so graag klein kinders leer van geskiedenis en hoe lekker dit kan wees om te leer van gebeure in die wêreld.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sielsgenoot
Datum van matriekafskeid
2025-10-04