Jessica Gouws

HOËRSKOOL KEMPTON PARK

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons het na verskillende rokke gaan kyk. Ek wou oorspronklik 'n bal rok gehad het, maar toe ek eers die nousluitende rokke aanpas het ek my hart daarop verloor. Na baie soek, het ons besluit om eerder ons eie te ontwerp en te laat maak. Magda Joubert het die rok vir my gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma het die rok vir my ontwerp. Haar inspirasie was... ek. Sy wou 'n rok ontwerp wat 'n hartjie inhet. Sien, ek is die laaste kind van 4, haar enigste dogter. Ek wou graag 'n korset ontwerp hê wat nousluitend is om saam my kurwes te speel. My wit vel was die inspirasie vir die bloedrooi kleur van die rok, ek het gevoel dit sal my gelaatskleur komplimenteer. Oh, en die hartontwerp wat in die korset deel is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat my rok basies 2 rokke-in-een was. Die rooi satyn sleep kan afgehaal word om dan met die nousluitende beenwys ombre rok te spog.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media