Jessica Du Toit

Hoërskool Nylstroom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n mermaid styl rok , hy is n emerald groen kleur wat perfek saam my blas vel gaan ,hy was oorsee gemaak in London met my presiese mates. Die rok beklemtoon ook my feminine kant . Emerald groen gaan ook nooit uit die mode uit nie en is ook n baie elegante kleur. My kleur skema was groen en goud . My ontwerpkeuse: Materiaal:Ek het Satyn n hoë-gehalte materiaal met 'n bietjie glans kies. Dit het die rok gehelp om pragtig te drapeer en 'n glansryke voorkoms te skep. Halslyn: Ek het n liefling-neklyn gekies vir n meer vleiend voorkoms. Bande:Ek het verkies om geen bande om my skouers te dra nie , dit gee n illusion van n uurglas Middellyf: Daar is n Corset effek om die middellyf smal te laat lyk. Romp:Die meerminrok sal deur die heupe en dye gepas word, en dan onder die knieë uitvlam om 'n dramatiese silhoeët te skep. Oor die algemeen was my ontwerpdoelwit om 'n rok te skep wat beide elegant en vleiend is. Die emerald groen kleur en meermin-silhoeët sou verseker dat die rok uitstaan ​​uit die skare.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die natuur,en wat is die beste kleur om daarby te pas : Emerald groen. Soos op die rok gesien kan word is daar n spinnekop ,en aan die split van die rok 2 vlerke Alby is deel van die natuur ,maar dis nie al hoekom hulle daar is nie ... die spinnekop beteken n nuwe begin en n kriatiewe journey. Die vlerke wys hoe ek my vlerke gaan sprei en in n volwasse lewe in beweeg ,en dat ek eendag hoë plekke sal bereik , hulle altwee simboliseer waar ek van my Hoërskool loopbaan oorgaan na my volwasse een. Ek wou ook iets uniek gehaat het ,iets buite die boks. Die spinnekop simboliseer ook vrees, want as jy n spinnekop sien wil jy net weghardloop van hom,dit was vir my n reminder as ek ooit in my volwasse lewe te bang is om iets te doen ,vrees om n kans te vat , nie weg te hardloop van my probleme nie maar om my vrees gesig aan te face ,dis die enigste manier hoe jy resultate sal sien en jou vrees te oorwin . Die spinnekop is ook iets wat mens se oog dadelik van ,want niemand sou n spinnekop verwag het nie. Die rok het my individualiteit gewys ,en hoe ek myself deur my rok gebeeld het. Die Emerald groen word dikwels geassosieer met die natuur, groei en n nuwe begin. My inspirasie was die natuur en hoe uniek dit is ,asook die uniekheid in myself

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die romp en trail van die rok , dit is soos n waterval oor die vloer gevloei as jy loop ,dit het baie elegant gelyk en het my eerlikwaar soos n prinses laat voel . Die snit in die romp het asemrowend gelyk en net die hele rok bymekaar gebring dit voeg ook 'n tikkie gesofistikeerdheid en glans by. Dit het perfek om my heupe gesit en vanaf die bene afgestraal. Dit het ook baie dimensie gegee aan die rok

Datum van matriekafskeid?

2023-10-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media