Jessica Classen

Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is my persoonlikheid. Die ontwerp is elegant en stylvol met so tikkie parmantigheid. Die materiaal is deursigtig en fyn aanmekaar geweef. Onder dra ek ‘n kort broekie en korset. Die blinker patrone glinster verskillende kleure van koper, goud en silver soos die lig op dit val. Die wonderlike Carike Nel van Carike Nel Designs het my rok ontwerp en gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir my was my matriekafskeid ‘n viering van die einde van my skoolloopbaan. Ek wou glinster en skyn en natuurlik lekker partytjie hou Vuurwerke – die glinster, Pret – die prettige val aan die kant van my rok, en Oud Hollywood – swierig en elegant, was my inspirasie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Elke stukkie detail, die snit en die gemak van my rok. Dit was ek!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media