Jesmicah September

Hoerskool Stellenbosch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag n rok he wat by my styl en smaak pas; oral waar ek in winkels rondgesoek het kon ek nie kry wat by my karakter of styl pas nie. Ek het so ver as Die V&A waterfront gesoek. Dit het my letterlik maande gevat toe doe inspirasie my pas om meer as een ontwerp on die internet to "Google" en die ontwerpe saam te span on een ontwerp eie aan myself te skep. Ek het toe n baie betroubare kleremaakster genader en haar die konsep van my rok verduidelik en van daar het sy werk gemaak van die ontwerp. Die eind resultaat was presies wat ek in gedagte gehad het; en sy het die ontwerp genael

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het die kleur baba bloue gekies omdat dit vir my die volgende eienskappe voorstel: onskuld; jeugdigheid en reinheid. Die kleur herinner my ook aan eenvoudiger tye; veral as dit kom by my skool loopbaan. My matriekafskeid het die realiteit tuis gebring van die einde van n "era". Die inspirasie agter die kleur en die ontwerp van my rok was om die gevoel van kalmte en helderheid om my te skep; nie net vir die aand van die Matriek afskeid nie, maar nog vir maande; selfs jare daarna; elke keer as ek my rok sou aanskou sou ek terug dink aan my oorgangsfase vanaf matriek na die wye wereld da buite en hoop om dieselfde rustigheid; kalmte en jeugdigheid te ervaar wat die kleur vir my simboliseer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok was baie lig in materiaal; glad nie swaar en ek kon baie maklik daarin rond beweeg. Die tipe materiaal het perfek by by my gepas. daar was ook n redelike spleet in die rok en kon ek bietjie been wys; soos dit my pas natuurik omdat di spleet nie oplettend was nie en kon ek dit beheer met die beweeg van my been. Die moue kon ek ook afhaal met verloop van die aand

Datum van matriekafskeid?

2023-10-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media