Jenni Muller

Hoërskool Wilgerivier

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Wilgerivier

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok se bors is ń korset-styl met fyn kralewerk, wat lig pragtig vang! Die rok se romp bestaan uit verskeie lae tule wat dit die volume en beweeglikheid gee - dit dra by tot die glinsterende detail van die rok. Die elegante koningsblou kleur van die rok weerspieël wie ek is. Dit straal kalmte en selfvertroue uit!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Toe ek instap en hierdie rok sien hang het, het ek dadelik geweet dat dít die rok van my drome is. ń Rok wat die "klein dogtertjie" in myself wakker gemaak het! Ek was nog altyd lief vir die kleur blou en hierdie koningsblou het my herinner aan die naghemel - tydloos en ń skoonheid wat nooit uit styl gaan nie!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van die magiese rok is die romp met sagte, vloeiende lae tule. Ek het omtrent die hele aand met my rok gedraai en geswaai, want wanneer ek beweeg voel dit asof ek in ń sprokie instap! Elke keer as ek die rok aantrek voel dit asof die wêreld vir ń oomblik sagter asemhaal - net ek, die lig en die rok wat my soos n towerstof omvou!

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media