Jenna Van Dyk

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Asemrowend

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matrierkafskeidrok was die "Black Swan" in Swan Lake Ballet opvoering. Sy is altyd stylvol, selfversekerd en elegant. Ek wou `n rok hê wat daardie tydlose, klassieke en "striking" teenwoodigheid uitstraal. Iets wat gesofistikeerdheid en selfvertroue kombineer met `n tikkie misterie daarby. Die "Black swan" in Swan lake simboliseer die laaste dans waar die waarheid uitkom wat vergelyk word met my laaste dans vol herinneringe van my Hoërskool loopbaan wat `n hoogtepunt is in my Matriekjaar.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit was my absolute droomrok met die tydlose, elegansie van swart. Ek kon my diepe self uitbeeld wat standvastig is, gefokus op die nuwe begin met tog die sagtheid van my omgee hart. Dit weerspieël ook my storie van my Hoërskool loopbaan se "ups and downs" op kompeterende sportvlak. Dit was my hartklop gewees.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media