Jenna Senekal

Rhenish Girls High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die storie van my rok is heeltemal anders as die meeste van die ander... Ek het vroeg in die jaar matriekafskeidrokke begin soek, en kon niks kry wat my bouvorm 100% vlei nie. En wou eerder die perfekte rok vind en selfversekerd daarin voel in plaas daarvan om die 1ste een te koop wat net okay gelyk het. Dit was moeilik om hierdie te doen met 'n besige skedule en eksamens, en volgende ding wat ek geweet het was dit 3 maande voor die afskeid en ek het nog nie n rok gehad nie ... Een middag het ek by die huis gekom om te sien hoe my ma besig was met rooi materiaal en n naaimasjien. Toe besef ek, sy was besig om n formele rok te maak — basies identies aan die tipe rok wat ek gesoek het. Die oomblik toe sy vir my sê dat hierdie pragtige rok vir my was, was ek amper sprakeloos. Ek het geweet my ma was nog altyd talentvol as dit kom by naaldwerk en kreatief wees, maar ek het nooit gedink sy sou so 'n professionele matriekafskeidrok kon maak nie. Hierdie ikoniese rooi rok was vir my so spesiaal, nie net omdat my ma dit vir my gemaak het nie, maar ook omdat ek vol selfvertroue gevoel het om terwyl en dit gedra het… I didn’t want to take it off!! Omdat my ma my rok gemaak het, kon ons letterlik saam die rok ontwerp en doen wat ons wou. Dit het mooier as ooit uitgekom, en ek is so ongelooflik trots op ma wat my rok gemaak het. Dit was eerlikwaar 'n droom wat waar geword het!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paul Roos Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskied rok was die kleur rooi. Rooi is n kragtige kleur — it makes a statement. Ek wou n statement maak en uitstaan, en wou ook ter selfde tyd gemaklik en vol selfvertroue in die rok voel. My ma het presies dit vir my ontwerp en gemaak, en ek kan nie gelukkiger wees met hoe dit uit gekom het!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was seker die feit dat my dit vir my gemaak het. Dit was baie spesiaal om iets wat sy gemaak het te dra vir een van die grootste aande van my hoërskoolloopbaan. Moet nooit jou ma se talente onderskat nie. ’n Ma kan alles doen!!!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media